Wat ek wou sê – Laurinda Hofmeyr

R220.00

Category:

Description

wat ek wou sê – Laurinda Hofmeyr

Sewe jaar ná haar vorige album uitgereik is, word Laurinda se langverwagte nuwe album, wat ek wou sê, bekend gestel. Soos haar vorige albums, is wat ek wou sê weereens die produk van haar samewerking met die beroemde baskitaarspeler en vervaardiger, Schalk Joubert.

Hierdie keer is ‘n groot deel van die album in Laurinda se eie huis in die Paarl opgeneem waar haar eie klavier gebruik kon word. Die kern orkes bestaan uit Laurinda (klavier en stem), Schalk Joubert (baskitaar en keybord), Kevin Gibson (tromme), Ronan Skillen (perkussie) en Mabet van Wyk (agtergrondsang).

Die klank op die album is in ‘n groot mate getrou aan die  die orkes se werklike klank tydens optredes. Daar is ‘n paar onverwagte afrondings (soos ‘n sopraan solo in “Moya”, ‘n strykkwartet in “23 Februarie” en ‘n vokale ensemble in “Vervulling”‘ wat bydra tot die diepte van die album. Mense wat in die Afrikaanse kerke grootgeword het, sal die wysie van die “Onse Vader” herken soos dit in die agtergrond deur die ensemble gesing word.

Opnames is gedoen deur Tim Rankin, klankvermenging deur Dave Langemann en meesterband deur Tim Lengfeld.

Soos al Laurinda se vorige albums is wat ek wou sê ‘n versameling van toonsettings van Afrikaanse digters se werk. Laurinda doen wat sy die beste doen – trou poësie met musiek op ‘n outentieke, vernuwende manier. Die beroemde Breyten Breytenbach het van Laurinda gesê: ‘Sy bevraagteken die teks, en uit daardie benadering kom ‘n tweesang. Sy sorg vir die teks soos ‘n Boeddhis na ‘n gewonde soldaat of ‘n blinde vrou sou omsien.’

Laurinda slaag daarin om “catchy tunes” te maak, musiek waarna mense oor en oor wil luister, terwyl sy terselfdertyd eg bly aan die essensie van die gedigte. Die musiek geniet wye aansien. Die feit dat haar liedere gereeld op RSG speel plus die feit dat wat ek wou sê ondersteun is deur Carel Hoffman van Oppikoppi (Hilltop Live) sê iets van die statuur en wyer toeganklikheid van Laurinda se musiek.

wat ek wou sê – Laurinda Hofmeyr

Laurinda’s long-awaited new CD, wat ek wou sê, is released seven years after her previous album. Yet again it is the result of a collaboration with renowned bassist and music producer Schalk Joubert.

Much of the album was recorded at Laurinda’s home in Paarl, where she could use her own piano. The core band consists of Laurinda (piano and voice), Schalk (bass and keyboard), Kevin Gibson (drums), Ronan Skillen (percussion) and Mabet van Wyk (backing vocals).

The sound of the album remains largely true to the sound of the band’s live performances. Adding to the depth of the album are a few unexpected touches, such as a soprano solo on “Moya”, a string quartet on “23 Februarie 1974” and a vocal ensemble on “Vervulling”. Those familiar with Afrikaans church music will recognise the melody of the “Onse Vader” sung by the ensemble in the background on this last track.

The album was recorded by Tim Rankin, mixed by Dave Langemann and mastered by Tim Lengfeld.

Like Laurinda’s previous albums, wat ek wou sê is a collection of Afrikaans poems set to music. Laurinda does what she does best: marry poetry with music in an authentic, innovative way. Renowned poet Breyten Breytenbach has said of Laurinda: “She interrogates the text, and from that comes a musical dialogue. She takes care of the text like a Buddhist would take care of a wounded soldier or blind woman.”

Laurinda succeeds in creating catchy tunes, music that people want to listen to over and over, while remaining true to the essence of the poems. Her music is widely acclaimed. Her songs are regularly played on RSG, and wat ek wou sê is supported by Carel Hoffman, owner of Hilltop Live and Oppikoppi Productions, which says something about the esteem she enjoys and the accessibility of her music to a wide range of fans.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Wat ek wou sê – Laurinda Hofmeyr”