Opnames

Laurinda Hofmeyr Albums

  • Reis na die Suide (Protea Boekhuis en Rhythm Records, 2008) – word vir ‘n SAMA in die afdeling Beste Alternatiewe Afrikaanse Album benoem.
  • Ligdag (Human & Rousseau en Rhythm Records, 2003) – bereik die eerste posisie op die Top 30-lys van die destydse SA Rock Digest (’n internet publikasie). Die album bly vir 13 weke op die trefferlys en is benoem vir vier Geraas Musiektoekennings (vir Album van die Jaar, Beste Volwasse Kontemporêre Album, Beste Omslagontwerp en Beste Vervaardiging). Die album ontvang uiteindelik die toekenning vir Beste Vervaardiging (behartig deur Jürgen von Wechmar en Schalk Joubert).
  • Perd oor die maan (JNS, 1999) – vestig Laurinda Hofmeyr as ’n vars, nuwe stem. Die album word vir ’n SAMA in die afdeling Beste Kontemporêre Afrikaanse Album benoem.

 Bydraes tot ander projekte

  • Vaarwel aan Madiba (2013).  ‘n Opname wat op Die Burger en Beeld se webtuiste gehoor kon word vir Mandela-dag 2013 ,‘n paar maande voor sy dood. Dit word ook die oggend tydens ‘n huldigingsprogram op RSG uitgesaai. Die opname is ‘n hersiening van ‘n toonsetting wat in 2004 deur Die Burger aangevra is vir ‘n funksie van Die Burger en die Kaapse Sakekamer waar Nelson Mandela die eregas was. Die gedig wat Laurinda gebruik het, is n pryslied geskryf deur Thabo Mbeki. Hy het in 1999 sy eie pryslied in die parlement voorgedra as deel van sy afskeidstoespraak vir Mandela. Hierdie pryslied is deur Koos Oosthuysen in Afrikaans vertaal en die poëtiese weergawe wat Laurinda getoonset het, verskyn in Antjie Krog se bundel Met woorde soos met kerse.
  • Die Wasgoedlyn-projek (2011 -).  Opnames deur Riku Lätti (ook bekend as Victor Wolf) van Laurinda en ander van sy musikant–vriende. Hy neem kunstenaars soos Rian Malan en Bachus Nel se ongepoleerde weergawes van hulle musiek op. Voorbeelde hiervan is gratis op Soundcloud (www.soundcloud/wasgoedlyn) beskikbaar.
  • Een uit ‘n miljoen (2010).  Laurinda en bekende Afrikaanse sangers soos Steve Hofmeyr en Kurt Darren sing van Lukas Maree se liedjies op hierdie CD as deel van Alexa Strachan en die tydskrif Sarie se poging om te help betaal aan die mediese onkostes voor Lukas se dood.
  • Transito (2008).  Laurinda skryf musiek vir Alexa Strachan se woorde wat in hierdie kykNet-televisiereeks deur Alexa gesing word.
  • Kersfees: Die mooiste verhaal (2004).  Laurinda se   toonsetting van D.J. Opperman se gedig Kersliedjie word in hierdie kykNet-program deur haar gesing.
  • Hadeda (2004).  Laurinda is een van die vennote op Barry van Zyl (dromspeler van Johnny Clegg) en kitaarspeler Nibs van der Spuy se CD. Ander kunstenaars wat deel uitmaak van Van Zyl, Van der Spuy en Vennote, sluit in: Shawn Phillips, Neo Muyanga, Concord Nkabinde en Carlo Mombeli.
  • Die liedjies wat ons ken (2003).  Laurinda verwerk die bekende wiegeliedjie Lamtietie damtietie ( J. Langenhoven/ Emiel Hullebroeck) en sing dit in hierdie kykNet-program.
  • Snitte op die drie Breyten Breytenbach CDs: Om te Breyten (2000), Mondmusiek (2001) en Lady One (2002).  Verskillende musikante is opdrag gegee om musiek te maak van Breytenbach se digkuns.
  • Eve: Women in the garden of song (2001).  Laurinda, Lesley Rae Dowling, Luna Paige, Eugenie Grobler en Nicole Holm kan op die CD gehoor word.
  • Laurinda speel klavier of sing op albums van kustenaars soos Valiant Swart, Zinkplaat, Koos Kombuis, Almuir Botha en Gert Vlok Nel.
  • Laurinda se toonsettings word deur verskeie kore of sanggroepe opgeneem asook deur kunstenaars soos Laurika Rauch, Jannie du Toit, Marica Otto, Marié du Toit, Suzette Eloff en Lochner de Kock.

Keer terug na Biografie.