Wes-Afrika en die Franse diaspora is dalk nie mees ooglopende konneksie met die musiek van Laurinda Hofmeyr nie, maar as jy bietjie dieper krap besef jy dat daar dalk nie ‘n meer gepaste kunstenaar is om die Weste van Afrika te herverbind met Frankryk via Suider Afrika nie. Hofmeyr self is ‘n produk van Afrika en Europa en haar buitengewone vermoë om haar unieke wêreld-musiek klank te vermeng met poësie uit onder andere Madagaskar, Ivoorkus en Kameroen skep ‘n goue lyn wat soos ‘n voedende naelstring deur hierdie meusleurende album strek. Die woorde van Antjie Krog en Eugene Marias lê knus saam met Malagasie trekklavier klanke en daardie tipies Wes-Afrika sang timbre wat so sterk herrinner aan die werk van Salif Keita, Yande Codou Sene, Ali Farka Touré en Youssou N’Dour. In enige iemand anders se hande kon hierdie kombinasie dalk ‘n resep vir ‘n verwarrende kulturele tydbom wees, maar Hofmeyr se uitsonderlike musikale oor en meesterlike komposisies smee hierdie uiteenlopende stilistiese elemente saam tot ‘n hegte en emosionele eenheid. Sy speel met komplekse ostinatos (ritmies en melodies) wat gemaklik en ongeforseerd voel en skep sodoende ‘n oudio (en ek verneem ook visuele) werk wat jy soos ‘n goeie boek van die begin tot by die einde in asem.

Sy is nie bang om te eksperimenteer nie en daarom sal sy nooit stagneer nie, en dit, is die kenmerk van ‘n visionêre musikant en kunstenaar. Vreesloos maar gekontroleerd. ‘n Rare verskynsel in die tyd van digitale spookasem en meganiese middelmatigheid.

Wikus du Toit.

WIKUS DU TOIT BIOGRAFIE

WIKUS DU TOIT, senior lektor in filmmusiek aan AFDA in Johannesburg, is ‘n bekroonde akteur , gepubliseerde skrywer, akademikus en eggenoot (in geen spesifieke volgorde van belangrikheid nie). Hy het ‘n Meestersgraad in Drama, ‘n Nagraadse Diploma in Tersiêre Onderrig en is tans besig met sy 2de Meestersgraad in Volwasse Onderwys waarin hy spesifiek fokus op die bevordering van kritiese denke en die fasilitering van kreatiwiteit in film musiek studente. Du Toit is ’n bekende op die verhoog met menigte toekennings asook ’n SAFTA-nominasie vir sy rol in kykNET se weghol-komedie sukses PROESSTRAAT.

 

laurinda-web-banner

Negester is te kry by iTunes en ander aanlynwinkels. Koop of luister dit hier.

Negester is Laurinda se eerste samewerking met Fred den Hartog (van Die Heuwels Fantasties) en Dane Taylor. Den Hartog het die elektroniese klanke en kitaar bygedra terwyl Taylor verantwoordelik was vir die vermenging en meesterband.

Die Negester leefstyl-landgoed in Onrus het Laurinda opdrag gegee om D.J. Opperman se gedig, “Negester en Stedelig” te toonset. ‘n Deel uit hierdie toonsetting word tans gebruik om die landgoed op RSG, Radio Tygerberg en PretoriaFM te bemark.

Opperman se tydlose woorde word gedra deur Laurinda se stem en klavier, ondersteun deur subtiele elektronika.

“Luister met oorfone en toe oë…” sê sy.

1005414_orig

Datum: Woensdag 15 Junie Tyd: 12.30 Plek: Anglikaanse kerk, Hermanus

Negester het vir Laurinda opdrag gegee om D.J. Opperman se gedig, “Negester en Stedelig” te toonset. ‘n Deel uit hierdie toonsetting word tans gebruik om Negester se leefstyl-landgoedere vir vyftigplussers op RSG, Radio Tygerberg en PretoriaFM te bemark.

Tydens die middagete-konsert op 15 Junie in Hermanus se pragtige ou Anglikaanse klipkerk, word hierdie nuwe toonsetting vir die eerste keer deur Laurinda en haar span musikante uitgevoer.

Die snit sal binnekort by iTunes en ander digitale winkels beskikbaar wees.

Hierdie vertoning by die Hermanus Fynarts, ondersteun deur die Negester Onrusrivier, vorm deel van Laurinda se wat ek wou sê – konserte waarin sy musiek van haar nuutste CD bekend stel.

Vir meer inligting en besprekings, kontak die Hermanus Toerismekantoor by hermanustourism@hermanus.co.za of 028 3122 629, of koop kaartjies deur die Webtickets-webwerf.

Laurinda se span is bekend vir hulle fyn spel en bestaan uit Schalk Joubert (baskitaar), Kevin Gibson (dromme) en Mabet van Wyk (agtergrondsang).

Negester en stedelig – D.J. Opperman (1914 – 1985)
Terwyl die negesterre en die stedeligte witter
in die donker suidelike nagte óm ons skitter,
slaap jy nog weg in nag en swye
langs mos en varings van eertye:
‘n see-anemoon waar geel spirale
lig deur water in jou van ‘n Oerson daal,
daal in jou slaap; jy roer,
‘n vis teen riet en maan se perlemoer;
jy sluimer in ‘n tonnel van die kuil –
‘n otter in nat holtes nog verskuil;
dan stort jy skielik uit as mens, besitter
van die Negester en stedelig se skitter.

Saans as die rye ligte langs die strate brand
sal jy met wye oë en met kleine hand
vir my bedui en stotterend sê
hoe groot houttolle kabels in diep slote lê;
partymaal sal jy by my tafel neul
om na die sirkus of die mallemeul
te gaan; en vaster om jou groei bioskope,
fabrieke, speurverhale en mynhope;
saans sal die stad se ligte witter
in jou donker siel bly skitter.

Watter kaart of watter ster sal ek jou wys
om veilig deur die grysland heen te reis?
Sal ek van ‘n God praat wat verdoem,
van Christus, en die Tien Gebooie noem?
Voorlopig dan, maar onthou altyd
aan jou dade grens ‘n ewigheid;
gee sin aan voorgeslagte deur die eeue heen,
besef jy is ‘n vegter weer van die begin, alleen;
en mag die Suiderkruis en Negesterre witter
as die stedeligte in jou siel bly skitter.

Laurinda Hofmeyr, one of South Africa’s exceptional music talents, has recently released a new CD called “wat ek wou sê”, where poetry and music join together in a masterful way. Laurinda and her band – all well-known artists in their own right Schalk Joubert, Kevin Gibson & Mabet van Wyk – will give the works of Afrikaans poets (ranging from Leipoldt & Van Wyk Louw to Toast Coetzer & Ronelda Kamfer) musical wings.

Gerhard van Deventer, owner of Incanda Meubels, has been a fan of Laurinda’s unique style for years. For both of them it is about a lot more than just a product, it’s about the stories of our country and its people that should be told. Laurinda’s musical compositions of poems and Incanda’s South African inspired furniture are both projects dear to their creators’ hearts where the creation of quality is more important than going mainstream. Incanda therefore proudly brings Laurinda to the Atterbury Theatre, exhibiting their furniture in the foyer for you to enjoy.

Special offer on all CD sales that afternoon! Buy Laurinda’s new CD for R120 and get a gift voucher to the value of R120 from Incanda Meubels for free!

DURATION: Approx. 1hr 30min.

http://www.incanda.co.za

When: 5 June 2016, 16:00 – 17:30

Venue: Atterbury Theatre

Map: http://bit.ly/atterburytheatremap

Tickets: R160 – R180

Buy online: http://bit.ly/computicketlaurinda

Book: 012 471 1700

Email: info@atterburytheatre.co.za

POSTER-FINAL-WEB

Nederlanders kan op 9, 10 & 16 April deel in musiek en poësie van prima gehalte wanneer die briljante Laurinda Hofmeyr saam met een van Suid-Afrika se beste baskitaarspelers, Schalk Joubert, in Amsterdam optree. Die Nederlandse sangeres, Deborah de Groot, is ook op die verhoog en sorg saam met Joubert vir die agtergrondsang.

Die beroemde Breyten Breytenbach sluit op Saterdag 16 April by De Roode Bioskoop om 20:30 by die trio aan. Hy sal voorlees uit die derde band van sy splinternuwe versamelde poësie, Die singende hand, terwyl die musikante hom met musiek begelei. Tydens dié spesiale geleentheid sal Laurinda ook van haar Breytenbach-toonsettings sing.

Saterdag 9 April, Groot Zaal, 17:15 – 18:15

Sondag 10 April, Bo-Kaap Podium, 12:30 – 13:00

Saterdag 16 April, De Roode Bioskoop, 20:30 – 21:30 (met Breyten Breytenbach)

Om kaartjies te koop gaan na:

A.K.A Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam

8 t/m 10 april Compagnietheater-Melkweg-Zuid-Afrikahuis-Rialto

www.aka.festivalvoorhetafrikaans.nl

www.festivalvoorhetafrikaans.nl

Laurinda se optredes is deels moontlik gemaak deur die Van Ewijck Stigting

http://www.facebook.com/hofmeyrlaurinda

Wat ‘n voorreg! Laurinda Hofmeyr se nuwe album ‘Wat ek wou sê’ is benoem vir die GHOEMA 2016 Afrikaanse musiektoekennings vir ‘Beste alternatiewe album’! Om vir haar te stem, SMS slegs die kode O1 na 39953 en/of klik op die onderstaande webwerfskakels. Dit kos R2,00 per SMS en slegs 20 stemme per unieke selfoonnommer sal toegelaat word. Jy het tyd tot 8 April 2016 om 12:00 om te stem. ‪#‎Ghoema2016‬ ‪#‎LaurindaHofmeyr‬ ‪#‎watekwousê
http://kyknet.dstv.com/2016/03/16/ghoema-musiekpryse-benoemdes-vir-2016/

http://ghoema.co.za/stem-3-2/

Julle stemme sal vreeslik waardeer word!

Laurinda Hofmeyr – wat ek wou sê

Vir die eerste keer in sewe jaar loop Laurinda weer met `n nuwe CD onder die arm. Die produksie vier die gebeurtenis met vars musiek deur Laurinda en haar span gesoute musikante – Schalk Joubert, Kevin Gibson en Mabet van Wyk. Kom sit terug en beleef Laurinda se heel mooiste vertoning nóg met digkuns wat strek van toentertyd (Leipoldt, Van Wyk Louw) tot nou (Toast Coetzer, Ronelda Kamfer).

4 Maart 18:00 I 13 Maart 12:30 I Venue: Laer as laag I 60min I R110 I R130 by deur

Anton Goosen – Die liedjieboer

Anton word op 5 Maart 70 en ons bring hulde aan hom en sy musiek saam met verskeie ander musieklegendes soos David Kramer, Sonja Heroldt, Gert Vlok Nel en Laurinda Hofmeyr.

5 Maart 20:30 I Spier-amfi-teater I 90min I R200, R150, R120 I R220, R170, R140 by die deur

 Valiant Swart – Mystic nagte

Met dié dubbeldoor-vertoning vier Valiant vanjaar twee mylpale: die 20ste verjaardag van sy debuut Die mystic boer, asook die uitreiking van sy nuwe album Nagrit. Beide albums word in hul geheel uitgevoer met sy kookwater band – Schalk Joubert, Simon Orange, Basson Laubscher en Vernon Swart – en die spesiale gaskunstenaars, Laurinda Hofmeyr en Herman Kleinhans.

7 Maart 18:30 I Neethlingshof I 120min (met pouse) I R100, R60 (studente) I R120, R70 (studente) by die deur

As jy een moet kies, kies Laurinda se solo-produksie wat ek wou sê! Koop nou jou kaartjie deur hier te klik op Computicket

Laurinda is by twee besondere Woordfees-produksies betrokke naamlik Prisma en Katalekte. Verder word daar ook ‘n onderhoud met haar gevoer by die RSG Plataankafee (13 Maart, 13:30) waartydens sy een van haar toonsettings sal uitvoer.

Prisma
Prisma Korrek FBSamestelling en regie: Marí Borstlap

Met onder meer Laurinda Hofmeyr, Wilken Calitz, Schalk Joubert, André Terblanché, Winand Grundling, Antoinette Louw, Johann Nell en Koleka Putuma

‘n Multi-dimensionele woordkunsproduksie waarin uitgesoekte gedigte deur gevestigde en nuwe Suid-Afrikaanse digters op verskillende wyses verken en aangebied word. In dié op-windende projek is daar kreatiewe vertolkings deur bekende stemkunstenaars, gevolg deur musikale interpretasies deur van ons beste musici (as toonsetting of as komposisie), asook ‘n reeks gedig-kortfilms.

9 Maart 19:00 | Weltevreden| 80min | R80 | Geen 0/16 T. Bespreek by Computicket.

Katalekte

Met o.a. Schalk Joubert, Ronan Skillen, Laurinda Hofmeyr, Toast Coetzer, Danie Marais, Vicky Davis, Nicole Holm en ander

Katalekte vorm ‘n drieluik met Breyten Breytenbach se vorige twee bundels, Die windvanger en Die beginsel van stof. In 2013 het Breyten ‘n keur uit die bundel saam met Schalk Joubert, musikale verwerker en komponis, opgeneem – ‘n beeldskone, hipnoties musikale reis van woord en klank wat jou nader aan die rykheid van die taal bring. Joubert sit nou hierdie reis voort, met die meesterlike perkussiespeler Ronan Skillen, Laurinda Hofmeyr op klavier en Toast Coetzer, Vicky Davis, Danie Marais, Nicole Holm en ander gerekende digters en akteurs wat die vertolkings en voorlesings behartig.

8 Maart 13:30 | kykNET Fismer| 70min | R100. Bespreek by Computicket.