Afrika my verlange / Afrique mon désir het vol sale getrek by die US Woordfees en is vir ‘n WoordTROfee benoem vir kontemporêre musiek: beste groep. Lees hier wat die media te sê gehad het oor hierdie ‘warm, musikale regmaker vir enige iemand wat aan Afro-pessimism ly”.

Almal ken die taal van verlange

Diane de Beer het met Laurinda Hofmeyr gesels.

 

Lees Meer

 

 

With Laurinda Hofmeyr At The Helm, Afrique Mon Désir Makes The Right Sounds

Afrique Mon Désir, both an album and a live show to be presented at this year’s Klein Karoo National Arts Festival following their amazing debut in Stellenbosch at the Woordfees, is the culmination of many different desires but more than that, the right people at the right time for performer/composer Laurinda Hofmeyr to stretch herself and broaden her scope. S

Read More

Die kuns van toonsetting: ’n resensie-onderhoud met Laurinda Hofmeyr

Litnet: 28 Maart 2018

Lees Meer

 

 

Afrique mon désir: ’n CD-resensie

“Hierdie ongelooflike bydrae tot die liedkanon en die literêre vertaalkuns is die werk van Afrikaanssprekende woordkunstenaars. Selfs wanneer daar gesê word die taal is aan’t kwyn, kom daar inisiatiewe wat ons begrip van die wêreld en die poësie verryk en vernuwe. Hierdie projek is ’n uitvoerproduk om op trots te wees” – Naomi Morgan

Litnet: 4 April 2018

Lees Meer

 

Afrique mon désir: Soos ‘n goeie boek van begin tot einde

Lees Meer

Verlange na Afrika ’n Opwindende wêreldmusiekproduksie by vanjaar se US Woordfees op Stellenbosch ontgin met Afrika-gedigte en musiek die temas van verplasing en verlange oor taalgrense heen.

ERNS GRUNDLING het met Laurinda Hofmeyr en David Kramer gesels.

Lees Meer

 

Afrika se musiek gereed vir wêreldverhoog

Afrique mon désir, ’n multimedia wêreldmusiekproduksie met David Kramer as regisseur en die musikante Laurinda Hofmeyr en Schalk Joubert, is binnekort by vanjaar se Woordfees te sien.

Eikestad Nuus

Lees Meer

“Afrique” spanspoging soos min

Die Burger – 5 Maart 2018

Lees Meer

US Woordfees 2018: Foto’s – Afrika my verlange | Afrique mon désir

Lees Meer

 

Die sielsplesier van ons hartstale
Ink – 9 Maart 2018

Lees Meer

 

 

Afrique mon désir: Indrukke van ’n groentjieresensent

Jaco du Plooy

Litnet – 23 Maart 2018

Lees Meer

 

Afrique mon désir: Van CD na Verhoog na Silwerdoek

Die Burger – 21 Maart 2018

Lees Meer

 

Kritici oor Afrique Mon Désir, die verhoogproduksie

26 Maart 2018

Lees Meer

 

 

Wes-Afrika en die Franse diaspora is dalk nie mees ooglopende konneksie met die musiek van Laurinda Hofmeyr nie, maar as jy bietjie dieper krap besef jy dat daar dalk nie ‘n meer gepaste kunstenaar is om die Weste van Afrika te herverbind met Frankryk via Suider Afrika nie. Hofmeyr self is ‘n produk van Afrika en Europa en haar buitengewone vermoë om haar unieke wêreld-musiek klank te vermeng met poësie uit onder andere Madagaskar, Ivoorkus en Kameroen skep ‘n goue lyn wat soos ‘n voedende naelstring deur hierdie meusleurende album strek. Die woorde van Antjie Krog en Eugene Marias lê knus saam met Malagasie trekklavier klanke en daardie tipies Wes-Afrika sang timbre wat so sterk herrinner aan die werk van Salif Keita, Yande Codou Sene, Ali Farka Touré en Youssou N’Dour. In enige iemand anders se hande kon hierdie kombinasie dalk ‘n resep vir ‘n verwarrende kulturele tydbom wees, maar Hofmeyr se uitsonderlike musikale oor en meesterlike komposisies smee hierdie uiteenlopende stilistiese elemente saam tot ‘n hegte en emosionele eenheid. Sy speel met komplekse ostinatos (ritmies en melodies) wat gemaklik en ongeforseerd voel en skep sodoende ‘n oudio (en ek verneem ook visuele) werk wat jy soos ‘n goeie boek van die begin tot by die einde in asem.

Sy is nie bang om te eksperimenteer nie en daarom sal sy nooit stagneer nie, en dit, is die kenmerk van ‘n visionêre musikant en kunstenaar. Vreesloos maar gekontroleerd. ‘n Rare verskynsel in die tyd van digitale spookasem en meganiese middelmatigheid.

Wikus du Toit.

WIKUS DU TOIT BIOGRAFIE

WIKUS DU TOIT, senior lektor in filmmusiek aan AFDA in Johannesburg, is ‘n bekroonde akteur , gepubliseerde skrywer, akademikus en eggenoot (in geen spesifieke volgorde van belangrikheid nie). Hy het ‘n Meestersgraad in Drama, ‘n Nagraadse Diploma in Tersiêre Onderrig en is tans besig met sy 2de Meestersgraad in Volwasse Onderwys waarin hy spesifiek fokus op die bevordering van kritiese denke en die fasilitering van kreatiwiteit in film musiek studente. Du Toit is ’n bekende op die verhoog met menigte toekennings asook ’n SAFTA-nominasie vir sy rol in kykNET se weghol-komedie sukses PROESSTRAAT.

 

AFRIQUE MON DÉSIR TOUR DATES

VENUE/LIEU

DATE
New Morning (Paris)

Friday 15 June/vendredi 15 juin
Book Now

Salle festive et culturelle (La Quintaine, Chasseneuil) Wednesday 20 June/mercredi 20 juin
Book Now
Chateau Palmer (Cenon)

Thursday 28 June/jeudi 28 juin

Jean Ferrat Theatre (Ruelle-Sur-Touvre) Friday 29 June/vendredi 29 juin
Book Now

 

laurinda-aardklop

Moenie Laurinda Hofmeyr – wat ek wou sê by Aardklop mis nie. As jy hou van musiek uitgevoer deur briljante musikante gekombineer met treffende poësie, is hierdie produksie vir jou. In hierdie vertoning speel Laurinda veral musiek van haar nuutste CD maar ook ‘n paar ouer gunstelinge. Sy word ouder gewoonte ondersteun deur baskitaar-legende Schalk Joubert en Kevin Gibson. 

Venue: Roots Intiem
Kaartjieprys: R120
Tyd: Dinsdag, 4 Oktober 10:00 – Bespreek hier
Woensdag, 5 Oktober 13:00 – Bespreek hier

laurinda-wasgoedlyn

Moenie Riku Latti se pragtige programreeks Die Wasgoedlyn Donderdae om 20.30 op KykNet misloop nie. Laurinda is een van die kunstenaars by wie Riku gaan kuier. Hy gesels met musikante soos Rian Malan, Bachus Nel, Churchill Naudé, Gert Vlok Nel en Les Javan in hulle natuurlike omgewing en neem hulle op soos hulle regtig klink, sonder die vernislagie.

laurinda-unisa

Op Woensdag 5 Oktober neem Laurinda deel aan ‘n gesprek oor die interaksie tussen musiek en poësie, saam met Chris Chameleon, Andries Bezuidenhout, Herman van den Berg, Hunter Kennedy, Franco Prinsloo. Tussendeur die gesprek speel die kunstenaars van hul liedjies. Dit vind in die Miriam Makeba-teater op Unisa se hoofkampus in Pretoria plaas vanaf 18:00 tot 20:30. Besprekings (teen R50) kan gedoen word by Zané Loftie-Eaton: 012 429 6308 of loftiz@unisa.ac.za

laurinda-web-banner

Negester is te kry by iTunes en ander aanlynwinkels. Koop of luister dit hier.

Negester is Laurinda se eerste samewerking met Fred den Hartog (van Die Heuwels Fantasties) en Dane Taylor. Den Hartog het die elektroniese klanke en kitaar bygedra terwyl Taylor verantwoordelik was vir die vermenging en meesterband.

Die Negester leefstyl-landgoed in Onrus het Laurinda opdrag gegee om D.J. Opperman se gedig, “Negester en Stedelig” te toonset. ‘n Deel uit hierdie toonsetting word tans gebruik om die landgoed op RSG, Radio Tygerberg en PretoriaFM te bemark.

Opperman se tydlose woorde word gedra deur Laurinda se stem en klavier, ondersteun deur subtiele elektronika.

“Luister met oorfone en toe oë…” sê sy.

13323608_840913629346567_8785739779637253865_o

Jy word hartlik uitgenooi na ‘n unieke aand! Karin Brynard sal in gesprek wees met Hanlie Retief. Met spesiale gaskunstenaar Laurinda Hofmeyr

Datum: Dinsdag, 21 Junie 2016
Plek: Die Boer
Adres: Chenowethstraat 6, Durbanville
Tyd: 18:30 vir 19:00
RSVP voor Vrydag, 17 Junie 2016 by Lorienne Brown op 011 327 3550 of RSVP@penguinrandomhouse.co.za

*Besprekings is noodsaaklik.
Wyn en versnaperings sal bedien word

Vir meer inligtig oor Tuisland, besoek gerus >>http://bit.ly/1TPTz1b