Afrika my verlange

Laurinda Hofmeyr is ‘n meester van die kuns om musiek by poësie te voeg. Tydens haar loopbaan van meer as twee dekades het sy byna eksklusief gewerk met gerekende Suid-Afrikaanse digters. In die beoefening van haar unieke kunsvorm het sy nuwe lewe gegee aan die werk van, onder meer, Breyten Breytenbach, Antjie Krog, Sheila Cussons, Uys Krige en NP van Wyk Louw.

Sy het ‘n buitengewone vermoë om die musiek te hoor, die ritmes te voel en die visies te sien wat in digters se werk verskuil is. Laat in 2016, na die uitreiking van haar vierde album, het ons gepraat van die subliminale tema van ‘verlange na Afrika’ wat dikwels teenwoordig is in die gedigte wat sy kies om te toonset. Tydens die sestiger- en sewentigerjare het baie Suid-Afrikaanse skrywers in ballingskap beland, wat in sommige gevalle selfopgelegd was.

 

Wanneer die implisiete eksplisiet gemaak word, gaan die deur na ontdekking oop.

Hierdie album is ‘n juweel in die kroon van Laurinda se werk. Sy blaas op meesterlike wyse lewe in die pyn, verlange, interne konflik, ryk visies, krete en fluisteringe van sommige van die mees geëerde digters in Frans en Afrikaans. Die werk is sorgvuldig geweef om die tema van Afrique mon désir / Afrika my verlange.

Elke komposisie is subtiel ondersteun deur die onuitwisbare trekklavierklanke wat agtergelaat is deur die oorlede Régis Gizavo. Elke snit is voortreflik verwerk deur die geniale Schalk Joubert. Elke lied is pragtig gesing – met Afrikaans, Frans en Lingala wat hul plekke vind in die heelal van verlange vir Afrika.

Die projek word aangebied en ondersteun deur die Cape Town Music Academy (CTMA).

Nico McLachlan (Cape Town Music Academy)

 

Afrique mon désir

Die Afrikaanse titel “Afrika, my verlange” bevat vir my ‘n verlange, ‘n byna hunkerende nostalgie vir ‘n mitiese plek wat dalk nooit bestaan het nie, maar wat aangevoel kan word in die kollektiewe siel van poësie en musiek uit Afrika. – Laurinda

Optredes

Afrique mon désir (Africa my longing / Afrika my verlange) is ‘n 75min-lange multi-media wêreldmusiek produksie, onder regie van David Kramer, met Laurinda Hofmeyr en die Afrique mon désir ensemble, aangebied deur die Cape Town Music Academy (CTMA). Die legendariese teaterregisseur David Kramer span saam met multi-bekroonde sanger en komponis Laurinda Hofmeyr, bekend vir die toonsetting van poësie, sowel as baskitaarspeler en musikale produksieleier Schalk Joubert.

Teken in en ons laat weet jou van optredes naby jou.

Ek hoop hierdie album lei dalk tot ‘n wyer waardering van die groot digters en musikante wat ons op hierdie kontinent het, van wie ek persoonlik al soveel nuwe kreatiewe energie geput het. Hierdie projek het my op soveel vlakke kreatief uitgedaag en geïnspireer. Ek sal vir ewig dankbaar bly aan Nico, wat hierdie wonderlike reis begin het. – Laurinda

Régis Gizavo

Om die musikant Régis Gizavo van Madagaskar te ontmoet en saam met hom te werk was beslis ‘n hoogtepunt van die album. Sy intuitiewe “uit die hart”-benadering tot musiek het ons almal geïnspireer, soos ook sy sensitiwiteit tot die atmosfeer van elke liedjie. Régis is onverwags oorlede, net ‘n paar weke na die opnames. Hierdie verpletterende nuus is nog meer hartverskeurend gemaak deur sy erkenning dat die woorde “la vie ne dure que le temps d’un soufflé” in die liedjie 26 November 1975 die eerste is wat hy ooit in Frans gesing het vir ‘n opname. Ek voel baie dankbaar en bevoorreg om van sy laaste musikale oomblike op hierdie planeet te kon deel.

 

ANTJIE KROG

is ‘n digter, skrywer, joernalis en Professor aan die Universiteit van die Wes-Kaap. Sy het reeds twaalf digbundels in Afrikaans en twee in Engels gepubliseer, sowel as drie nie-fiksie boeke.

Meer Inligting

Photo: Antonia Steyn

JEAN-JOSEPH RABEARIVELO

(4 Maart 1901 of 1903 – 22 Junie 1937), gebore Joseph-Casimir Rabearivelo, word algemeen beskou as Afrika se eerste moderne digter en die grootste letterkundige kunstenaar van Madagaskar. Meer Inligting

Photo: Brice Rakotomanga

ALAIN PATRICE NGANANG

(gebore in 1970) is ‘n skrywer, digter en onderwyser van Kameroen.
Meer Inligting

OUSMANE MOUSSA DIAGANA

het letterkunde bestudeer in Marokko en Parys, waar hy ‘n doktorsgraad verwerf het. As digter en taalkundige was hy professor aan die Fakulteit van Kunste en Wysbegeerte by Nouakchott, waar hy die Soninke taal en orale letterkunde bestudeer het.
Meer Inligting

VÉRONIQUE TADJO

(gebore 1955) is ‘n skrywer, digter en kunstenaar van die Ivoorkus. Sy het in verskeie lande in Afrika en die diaspora gewoon en gewerk, en haar wye ervaring van die Afrika-realiteit word weerspieël in die onderwerpe en beelde wat sy in haar werk gebruik.
Meer Inliging

EUGÉNE NIELEN MARAIS

(9 Januarie 1871 – 29 Maart 1936) was ‘n Suid-Afrikaanse regsgeleerde, natuurkundige, digter en skrywer. Hy word beskou as ‘n intellektuele genie.
Meer Inligting

BREYTEN BREYENBACH

gebore in 1939) is ‘n Suid-Afrikaanse digter, skrywer en skilder. As toegewyde teenstander van die apartheidsbeleid het hy die land in die 1960’s verlaat en in Parys gewoon. Hy is in 1975 in Suid-Afrika tot 9 jaar gevangenisstraf gevonnis vir hoogverraad en is in 1982 vrygelaat na internasionale bemiddeling.
Meer Inligting

Photo: Retha Ferguson

NIMROD DJANGRANG BENA

(met die nom de plume Nimrod) is gebore in Tchad in 1959, is ‘n digter en skrywer wat tans in Frankryk woon.
Meer Inligting

Photo: Murielle Szac