laurinda-aardklop

Moenie Laurinda Hofmeyr – wat ek wou sê by Aardklop mis nie. As jy hou van musiek uitgevoer deur briljante musikante gekombineer met treffende poësie, is hierdie produksie vir jou. In hierdie vertoning speel Laurinda veral musiek van haar nuutste CD maar ook ‘n paar ouer gunstelinge. Sy word ouder gewoonte ondersteun deur baskitaar-legende Schalk Joubert en Kevin Gibson. 

Venue: Roots Intiem
Kaartjieprys: R120
Tyd: Dinsdag, 4 Oktober 10:00 – Bespreek hier
Woensdag, 5 Oktober 13:00 – Bespreek hier

laurinda-wasgoedlyn

Moenie Riku Latti se pragtige programreeks Die Wasgoedlyn Donderdae om 20.30 op KykNet misloop nie. Laurinda is een van die kunstenaars by wie Riku gaan kuier. Hy gesels met musikante soos Rian Malan, Bachus Nel, Churchill Naudé, Gert Vlok Nel en Les Javan in hulle natuurlike omgewing en neem hulle op soos hulle regtig klink, sonder die vernislagie.

laurinda-unisa

Op Woensdag 5 Oktober neem Laurinda deel aan ‘n gesprek oor die interaksie tussen musiek en poësie, saam met Chris Chameleon, Andries Bezuidenhout, Herman van den Berg, Hunter Kennedy, Franco Prinsloo. Tussendeur die gesprek speel die kunstenaars van hul liedjies. Dit vind in die Miriam Makeba-teater op Unisa se hoofkampus in Pretoria plaas vanaf 18:00 tot 20:30. Besprekings (teen R50) kan gedoen word by Zané Loftie-Eaton: 012 429 6308 of loftiz@unisa.ac.za