13323608_840913629346567_8785739779637253865_o

Jy word hartlik uitgenooi na ‘n unieke aand! Karin Brynard sal in gesprek wees met Hanlie Retief. Met spesiale gaskunstenaar Laurinda Hofmeyr

Datum: Dinsdag, 21 Junie 2016
Plek: Die Boer
Adres: Chenowethstraat 6, Durbanville
Tyd: 18:30 vir 19:00
RSVP voor Vrydag, 17 Junie 2016 by Lorienne Brown op 011 327 3550 of RSVP@penguinrandomhouse.co.za

*Besprekings is noodsaaklik.
Wyn en versnaperings sal bedien word

Vir meer inligtig oor Tuisland, besoek gerus >>http://bit.ly/1TPTz1b

1005414_orig

Datum: Woensdag 15 Junie Tyd: 12.30 Plek: Anglikaanse kerk, Hermanus

Negester het vir Laurinda opdrag gegee om D.J. Opperman se gedig, “Negester en Stedelig” te toonset. ‘n Deel uit hierdie toonsetting word tans gebruik om Negester se leefstyl-landgoedere vir vyftigplussers op RSG, Radio Tygerberg en PretoriaFM te bemark.

Tydens die middagete-konsert op 15 Junie in Hermanus se pragtige ou Anglikaanse klipkerk, word hierdie nuwe toonsetting vir die eerste keer deur Laurinda en haar span musikante uitgevoer.

Die snit sal binnekort by iTunes en ander digitale winkels beskikbaar wees.

Hierdie vertoning by die Hermanus Fynarts, ondersteun deur die Negester Onrusrivier, vorm deel van Laurinda se wat ek wou sê – konserte waarin sy musiek van haar nuutste CD bekend stel.

Vir meer inligting en besprekings, kontak die Hermanus Toerismekantoor by hermanustourism@hermanus.co.za of 028 3122 629, of koop kaartjies deur die Webtickets-webwerf.

Laurinda se span is bekend vir hulle fyn spel en bestaan uit Schalk Joubert (baskitaar), Kevin Gibson (dromme) en Mabet van Wyk (agtergrondsang).

Negester en stedelig – D.J. Opperman (1914 – 1985)
Terwyl die negesterre en die stedeligte witter
in die donker suidelike nagte óm ons skitter,
slaap jy nog weg in nag en swye
langs mos en varings van eertye:
‘n see-anemoon waar geel spirale
lig deur water in jou van ‘n Oerson daal,
daal in jou slaap; jy roer,
‘n vis teen riet en maan se perlemoer;
jy sluimer in ‘n tonnel van die kuil –
‘n otter in nat holtes nog verskuil;
dan stort jy skielik uit as mens, besitter
van die Negester en stedelig se skitter.

Saans as die rye ligte langs die strate brand
sal jy met wye oë en met kleine hand
vir my bedui en stotterend sê
hoe groot houttolle kabels in diep slote lê;
partymaal sal jy by my tafel neul
om na die sirkus of die mallemeul
te gaan; en vaster om jou groei bioskope,
fabrieke, speurverhale en mynhope;
saans sal die stad se ligte witter
in jou donker siel bly skitter.

Watter kaart of watter ster sal ek jou wys
om veilig deur die grysland heen te reis?
Sal ek van ‘n God praat wat verdoem,
van Christus, en die Tien Gebooie noem?
Voorlopig dan, maar onthou altyd
aan jou dade grens ‘n ewigheid;
gee sin aan voorgeslagte deur die eeue heen,
besef jy is ‘n vegter weer van die begin, alleen;
en mag die Suiderkruis en Negesterre witter
as die stedeligte in jou siel bly skitter.