Nederlanders kan op 9, 10 & 16 April deel in musiek en poësie van prima gehalte wanneer die briljante Laurinda Hofmeyr saam met een van Suid-Afrika se beste baskitaarspelers, Schalk Joubert, in Amsterdam optree. Die Nederlandse sangeres, Deborah de Groot, is ook op die verhoog en sorg saam met Joubert vir die agtergrondsang.

Die beroemde Breyten Breytenbach sluit op Saterdag 16 April by De Roode Bioskoop om 20:30 by die trio aan. Hy sal voorlees uit die derde band van sy splinternuwe versamelde poësie, Die singende hand, terwyl die musikante hom met musiek begelei. Tydens dié spesiale geleentheid sal Laurinda ook van haar Breytenbach-toonsettings sing.

Saterdag 9 April, Groot Zaal, 17:15 – 18:15

Sondag 10 April, Bo-Kaap Podium, 12:30 – 13:00

Saterdag 16 April, De Roode Bioskoop, 20:30 – 21:30 (met Breyten Breytenbach)

Om kaartjies te koop gaan na:

A.K.A Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam

8 t/m 10 april Compagnietheater-Melkweg-Zuid-Afrikahuis-Rialto

www.aka.festivalvoorhetafrikaans.nl

www.festivalvoorhetafrikaans.nl

Laurinda se optredes is deels moontlik gemaak deur die Van Ewijck Stigting

http://www.facebook.com/hofmeyrlaurinda

Wat ‘n voorreg! Laurinda Hofmeyr se nuwe album ‘Wat ek wou sê’ is benoem vir die GHOEMA 2016 Afrikaanse musiektoekennings vir ‘Beste alternatiewe album’! Om vir haar te stem, SMS slegs die kode O1 na 39953 en/of klik op die onderstaande webwerfskakels. Dit kos R2,00 per SMS en slegs 20 stemme per unieke selfoonnommer sal toegelaat word. Jy het tyd tot 8 April 2016 om 12:00 om te stem. ‪#‎Ghoema2016‬ ‪#‎LaurindaHofmeyr‬ ‪#‎watekwousê
http://kyknet.dstv.com/2016/03/16/ghoema-musiekpryse-benoemdes-vir-2016/

http://ghoema.co.za/stem-3-2/

Julle stemme sal vreeslik waardeer word!