Na twee geweldige suksesvolle konserte by Die Drostdy Teater in Stellenbosch en Die Ou Meulteater in die Paarl is daar nog net twee Laurinda konserte vir die maand van November, beide met ‘n SPESIALE AANBOD! Koop ‘n nuwe CD teen R120 en kry ‘n R120 geskenkbewys van Incanda Meubels verniet!

Laurinda Hofmeyr – wat ek wou sê – DIE BOER, Vrydag 20 Nov. 20:30

Bespreek by Die Boer Teater (Durbanville) vir Vrydag, 20 November 20:30 (deure open reeds 18:30) R120 per kaartjie. Adress: Chenoweth Straat 6, Durbanville. Tel: 021 979-1911 Fax: 086 6146 925 Cell :0825741651  E-mail: navrae@dieboer.com http://www.dieboer.com

Laurinda Hofmeyr – wat ek wou sê – MALLE MEUL, Donderdag 26 Nov. 20:00 (of 19:00 met ligte ete ingesluit)

Bespreek vir Donderdag, 26 November by DIE MALLE MEUL (Philadelphia). Opsies: 1) 19:00 ‘n ligte ete PLUS vertoning wat 20:00 begin @R200 of 2) 20:00 slegs vertoning @R120. Kontantkroeg beskikbaar. Bespreek by info@demallemeul.co.za en/of 021 972 1097.

Laurinda word bygestaan deur gesoute musikante – Schalk Joubert (baskitaar), Kevin Gibson (tromme) en Mabet van Wyk (agtergrondsang) – en haar optredes bied ‘n ervaring wat musiekliefhebbers se tone laat krul en poësieliefhebbers aan die hart gryp.