Vier optredes vir die nuwe CD-bekendstelling!

Bekendstellingskonserte in November

LAURINDA POSTER SMALL

Laurinda Hofmeyr – wat ek wou sê

Sewe jaar ná haar vorige album uitgereik is, word Laurinda se langverwagte nuwe CD, wat ek wou sê, bekend gestel.

Soos met haar vorige albums, bestaan wat ek wou sê uit toonsettings van Afrikaanse digters se werk. Breyten Breytenbach het van Laurinda gesê: ‘Sy sorg vir die teks soos ‘n Boeddhis na ‘n gewonde soldaat of ‘n blinde vrou sou omsien.’

Laurinda slaag daarin om “catchy tunes” te maak, terwyl sy terselfdertyd getrou bly aan die essensie van die gedigte. Bygestaan deur gesoute musikante, Schalk Joubert (baskitaar), Kevin Gibson (tromme) en Mabet van Wyk (agtergrondsang), sowel as digkuns wat strek van toentertyd (Leipoldt) tot nou (Ronelda Kamfer), beloof hierdie optrede om ‘n besondere ervaring vir musiek- sowel as poësieliefhebbers te wees.

www.laurindahofmeyr.co.za
www.facebook.com/hofmeyrlaurinda

Vrydag 6 November – Drostdy teater
Bespreek vir Vrydag, 6 November 20:15 teen R120 per persoon by die DROSTDY TEATER (Stellenbosch) info@drostdyteater.co.za en/of 071 931 9954.
Die adres is Alexanderstraat 48, Stellenbosch.
http://www.drostdyteater.co.za

Vrydag 13 November – Die Ou Meulteater
Bespreek vir Vrydag, 13 November 20:00 teen R120 per persoon by DIE OU MEULTEATER (Paarl)
Epos: vicky@oumeulteater.co.za
Selfoon nommer: 083 564 00 56
Faks nommer: 021 929 8104
http://www.oumeulteater.co.za

Vrydag 20 November – Die Boer Teater
Bespreek by DIE BOER TEATER (Durbanville) vir Vrydag, 20 November 20:30 (deure open reeds 18:30) R120 per kaartjie
Adress: Chenoweth Straat 6, Durbanville
Tel: 021 979-1911
Fax: 086 6146 925
Cell :0825741651
E-mail: navrae@dieboer.com
http://www.dieboer.com

Donderdag 26 November – Die Malle Meul
Bespreek vir Donderdag, 26 November by DIE MALLE MEUL (Philadelphia)
Opsies:
19:00 ‘n ligte ete PLUS vertoning wat 20:00 begin @R200 of
20:00 slegs vertoning @R120. Kontantkroeg beskikbaar. Bespreek byinfo@demallemeul.co.za en/of 021 972 1097

Incanda promosie vir die eerste 200 CD’s wat verkoop word tydens die konserte. Spesiale aanbod: Koop ‘n nuwe Laurinda Hofmeyr CD teen R120 en kry ‘n R120 geskenkbewys van Incanda Meubels verniet!
Laurinda en Incanda Meubels help mekaar. Volgens Gerhard van Deventer, CEO van Incanda Meubels, het Incanda en Laurinda Hofmeyr baie in gemeen: “Ons hou van eg Suid-Afrikaanse stories en om daardie stories te vertel in dit wat ons doen. Ons probeer nie 100% hoofstroom wees nie, maar probeer eerder iets na die tafel bring wat uniek is”. (Besoek gerus http://www.incanda.co.za)

CD-nuus (wat ek wou sê)
Laat weet ons wat jy dink wanneer jy die snit Blou op RSG of Radio Overberg hoor! Ander radio stasies volg ook binnekort in hulle voetspore so ons is baie opgewonde! As jy nog nie jou kopie gekoop het nie, die CD is by die volgende aanlynwinkels beskikbaar:
itunes https://itunes.apple.com/za/artist/laurinda-hofmeyr,
loot http://www.loot.co.za/product/laurinda-hofmeyr-wat-ek-wou-se/thbp-3384-g930
takealot http://www.takealot.com/laurinda-hofmeyr-wat-ek-wou-se-cd/PLID40361438

Harde kopieë van die CD kan ook bestel word deur ‘n boodskap op my facebook-kunstenaarsbladsy te skryf by www.facebook.com/hofmeyrlaurinda Die prys is R150, posgeld ingesluit.

Die CD word ook by die volgende winkels verkoop: Proteaboekwinkels, Music Moods (Centurion, OR Tambo en Woodlands), Musicco (Modimolle), Top CD (Menlyn, Kolonade, Wonderboom en The Grove) en die Pierneefteater in Pretoria.

Hoop om julle by een van die bekendstellingskonserte te sien!