Laurinda Hofmeyr – wat ek wou sê – DROSTDY TEATER, Vrydag 6 Nov. 20:15 Nuwe album bekendstelling

Sewe jaar ná haar vorige album uitgereik is, is Laurinda se langverwagte nuwe CD, wat ek wou sê, (ondersteun deur Carel Hoffman van Hilltop Live en deur KykNET) bekend gestel.

Soos met haar vorige albums, bestaan wat ek wou sê uit toonsettings van Afrikaanse digters se werk. Breyten Breytenbach het van Laurinda gesê: ‘Sy sorg vir die teks soos ‘n Boeddhis na ‘n gewonde soldaat of ‘n blinde vrou sou omsien.’ In Laurinda se vertoning word hierdie kombinasie van goeie, wyd-uiteenlopende musiek, tesame met die diepgang van goeie digkuns bymekaar gebring tot ‘n unieke kunservaring. Sy doen wat sy die beste doen – trou poësie met musiek op ‘n outentieke, vernuwende manier.

Laurinda slaag daarin om “catchy tunes” te maak, musiek waarna mense oor en oor wil luister, terwyl sy terselfdertyd getrou bly aan die essensie van die gedigte. Bygestaan deur gesoute musikante, Schalk Joubert (baskitaar), Kevin Gibson (tromme) en Mabet van Wyk (agtergrondsang), sowel as digkuns wat strek van dié van Leipoldt en Van Wyk Louw tot dié van Toast Coetzer en Ronelda Kamfer vorm hierdie optrede ‘n ervaring wat musiekliefhebbers se tone laat krul en poësieliefhebbers aan die hart gryp.

SPESIALE AANBOD slegs vir hierdie aand! Koop ‘n nuwe cd teen R120 en kry ‘n R120 geskenkbewys van Incanda Meubels verniet! Kom geniet ook ‘n glasie wyn en ligte vingerete saam met ons na afloop van die vertoning.

www.laurindahofmeyr.co.za

https://itunes.apple.com/za/artist/laurinda-hofmeyr

www.facebook.com/hofmeyrlaurinda

http://www.drostdyteater.co.za

Bespreek nou vir Vrydag, 6 November 20:15 teen R120 per persoon by die DROSTDY TEATER (Stellenbosch) info@drostdyteater.co.za en/of 071 931 9954. Die adres is Alexanderstraat 48, Stellenbosch.

Kontak ons gerus enige tyd vir verdere navrae of onderhoude by info@laurindahofmeyr.co.za en/of +27 83 455 1001.

LAURINDA COVER[1]