Laurinda is by twee besondere Woordfees-produksies betrokke naamlik Prisma en Katalekte. Verder word daar ook ‘n onderhoud met haar gevoer by die RSG Plataankafee (13 Maart, 13:30) waartydens sy een van haar toonsettings sal uitvoer.

Prisma
Prisma Korrek FBSamestelling en regie: Marí Borstlap

Met onder meer Laurinda Hofmeyr, Wilken Calitz, Schalk Joubert, André Terblanché, Winand Grundling, Antoinette Louw, Johann Nell en Koleka Putuma

‘n Multi-dimensionele woordkunsproduksie waarin uitgesoekte gedigte deur gevestigde en nuwe Suid-Afrikaanse digters op verskillende wyses verken en aangebied word. In dié op-windende projek is daar kreatiewe vertolkings deur bekende stemkunstenaars, gevolg deur musikale interpretasies deur van ons beste musici (as toonsetting of as komposisie), asook ‘n reeks gedig-kortfilms.

9 Maart 19:00 | Weltevreden| 80min | R80 | Geen 0/16 T. Bespreek by Computicket.

Katalekte

Met o.a. Schalk Joubert, Ronan Skillen, Laurinda Hofmeyr, Toast Coetzer, Danie Marais, Vicky Davis, Nicole Holm en ander

Katalekte vorm ‘n drieluik met Breyten Breytenbach se vorige twee bundels, Die windvanger en Die beginsel van stof. In 2013 het Breyten ‘n keur uit die bundel saam met Schalk Joubert, musikale verwerker en komponis, opgeneem – ‘n beeldskone, hipnoties musikale reis van woord en klank wat jou nader aan die rykheid van die taal bring. Joubert sit nou hierdie reis voort, met die meesterlike perkussiespeler Ronan Skillen, Laurinda Hofmeyr op klavier en Toast Coetzer, Vicky Davis, Danie Marais, Nicole Holm en ander gerekende digters en akteurs wat die vertolkings en voorlesings behartig.

8 Maart 13:30 | kykNET Fismer| 70min | R100. Bespreek by Computicket.

Laurinda is in die proses om ‘n nuwe CD op te neem. Hou hierdie nuwe webwerf dop vir meer inligting. Intussen kan jy gerus hier gaan rondsnuffel en al haar musiek, foto’s en videos geniet.

Musiek | Foto’s | Videos